Saturday, August 22, 2009
Huh?
Die rekenaarskerm skel vir jou pupille, die fone (sel en landlyn) trieng beurtelings, jou dagboek voer lyn-vir-lyn oorlog met tyd en jou brein voel soos ‘n neef van genie in a bottle. Dit voel selfs of jou huismense, kollegas, die hele lot op hoverboards verby sweef en jy hang net: binne in ‘n abstrakte vakuum. Het jy al so gevoel?
Die antwoord op hierdie vraag sal waarskynlik eenparig ‘ja’ wees, met ‘n noodkreet beklemming op die dikrooi uitroepteken vanuit jou maag. Hoe gemaak as als om jou net… te veel raak? Soms oorval gedagtes jou angstig ter middernagtelike ure. Dis wanneer jou onafgeskakelde psige jou herhinner aan die doen-lysie op die lessenaar, waarby jy op daardie oomblik nog 4 punte kan byvoeg. En so voer ons ‘n ewige stryd met tyd; ek en jy geklee in grys spanning met arme ou gewete wat naarstiglik aan jou broekspype torring vir sy/haar spreekbeurt. Of is dit dalk Hy?
Hý…? Hey, ek kan nie help as dinge soms dol raak nie… Ja jy kan. Maar jy verstaan nie… Mmm. “Ja ek doen” antwoord gewete: of is dit weer Hý? Ons elkeen bepaal self die intensiteit van wat ons toelaat in ons lewens. Ons bepaal die keuses beskikbaar om die oorlog tussen 2009 se lyne te bemiddel. O ja, ons elkeen kan nee sê. Wie is jou bemiddelaar? Grys spanning en gewete speel nie hierdie spel om te verloor nie, dis keuse wat die skeidsregter rol vertolk.
Keuses. Moeilik om te maak by tye. Verantwoordelikhede. Lojaliteit. Rekeninge. Werk. Gesin. Self. Dan nog soveel meer wat gryp na tyd wat ons nie het nie. Rewind. Stop!
In die fliek The Last Samurai was ‘n moment in tyd wat aangrypend vertolk is. Tydens ‘n uitmergelende oefensessie word die student (Tom Cruise) onderbreek wyl hy hard probeer om homself as Samurai leerder te bewys. Sy leermeester kyk peinsend na hom dié woorde: “You have too many mind – no progress”. Is dit dan nie wat soveel kalmte en Hom uithou nie? Wanneer leer mens eindelik dat slegs Hy ons voete kan rig – sonder ons hulp? Na waters waar rus is… anders no progress.
Soms moet ons net eenvoudig halt roep as jou Pokerface letterlik die oorhand kry: emosieloos, benoud en pretensieus. Moenie bedompig in ‘n bottel van ‘goeters ‘geprop word nie, klim uit! Tyd is geskep met woorde, Sy woorde. Dit bevat lewe en rus. As Vader kon rus so kan jy.
Huh? Doen dit net. Begin by Sý tyd en jy sal verstom staan hoe die res van jóú tyd in plek val!
1Pet 5:7 Casting all your care upon him; for he careth for you. Phil 4:6 – Do not fret or have any anxiety about anything… 10) And God’s peace shall be yours (a tranquil state of soul…)… (Amplified)
Groete van,
‘Halfuurtjie op Pause’,
AppelDruppel
Thursday, August 13, 2009
Vrae oor God Deel V
Die geskiedenis van die antieke Grieke is baie interessant. Dis gode, filosowe, stadstate, oorloë, drama, verraad en liefde alles in een. Hopeloos te veel om hier te hanteer. In ons poging om die hedendaagse westerse samelewing beter te verstaan, fokus ons veral op die filosowe. Hulle was 'n groep denkers met 'n voorliefde vir die wysheid wat op die ou einde steeds 'n hand het in hoe ons vandag dink en doen.
Kom ons begin eers by 'n kort opsomming van die agtergrond.
Van die oer geskiedenis van die Grieke, in die dae van die Trojaanse oorlog, weet ons nie baie nie. Ons weet wel dat die Grieke gaandeweg in stadstate begin vergader het. Elke stadstaat was soos 'n koninkrykie op sy eie met die omringende grondgebied onder sy beheer terwyl daar handel gedryf en gereeld oorlog gemaak is met naburige stadstate. Tussen al die stadstate deur ken ons vandag veral twee - Athene en Sparta. Die twee was in sekere opsigte teenoorgesteldes van mekaar. Athene die demokrasie met die kragtige vloot en Sparta die oligargie met sy onoorwonne weermag. In die geskiedenis van die begin van die klein stadstate tot die oorheersing van Aleksander die Grote, lees ons van 'n paar hoogtepunte.
Die eerste - nadat die stadstate min of meer elkeen 'n eie vorm aangeneem het, het die Persiese Ryk 'n groot bedreiging begin inhou. Die Griekse stadstate sou mekaar in die oorlog met die Perse soms in die voet skiet maar het op die ou einde tog saam die bedreiging afgeweer.
Die tweede - nadat die Persiese bedreiging afgeweer is, beleef Athene 'n goue tydperk onder leiding van 'n man met die naam van Perikles. Die uitkringende mag van Athene loop uit op 'n reeks oorloë met Sparta wat hulle (die Atheners) uiteindelik verloor. Dit word die Peloponnesiese oorloë genoem.
Die derde - nadat Sparta bo uitgekom het, word ook hulle in 'n reeks oorloë met ander stadstate verslaan. Op die ou einde is die Griekse stadstate so uitgemergel dat hulle grootboetie uit die noorde, die Macedoniërs onder leiding van Koning Philip, Aleksander die Grote se pa, hulle ooorneem. Hierna breek die tydperk van Aleksander die Grote aan. Hy verslaan die Persiese Ryk finaal en dan lees ons later van die Romeine wat op die ou einde die supermoondheid van alle supermoondhede geword het.
Die filosowe duik regdeur die geskiedenis van die Grieke op. Aan die beginstadium van die stadstate lees ons van Thales, die eerste filosoof waarvan ons weet, tot later van Aristoteles wat die onderwyser van Aleksander die Grote was. Party het gevra waaruit die werklikheid en die natuur bestaan, ander het ondersoek ingestel na abstrakte begrippe soos waarheid en kennis. Sommige het skole gestig, net vir hulle volgelinge om af te stig. Tussendeur het die Grieke ook hulle duisende gode aangehang, van Zeus tot Hypnos.
Die verhouding tussen die filosowe en die gode was egter gespanne. Om die waarheid te sê, die filosowe het nie veel ooghare vir die gode gehad nie. Meeste het die verhale wat Homerus van die ou gode neergeskryf het as ouvroustories afgemaak. Dit was baie soos vandag se samelewing. Jy het godsdienstige mense gekry wat die gode aangehang het en dan die filosowe (denkers/wetenskaplikes van die dag) wat die gelowiges en hulle godsdienstige gebruike gekritiseer het.
Die filosowe het egter nie net die aanhangers van die Griekse gode gekritiseer nie, hulle het mekaar ook beetgekry - en ja ook op wyses wat baie aan vandag herinner. Plato het byvoorbeeld die denkbeeldige gesprek tussen Sokrates en 'n jong man met die naam Theaetetus neergeskryf om te wys hoe Sokrates die denke van 'n ander filosoof Protagoras weerlê het. Sulke gesprekke vind steeds vandag plaas. As ons egter vandag sulke gesprekke het, gebruik ons daarmee saam woorde soos nuut en ontwikkelde 21ste eeuse mense en nuwe inligting en tegnologie wat ons tot die nuwe soort insigte gebring het - soos ons egter aan die gesprek kan sien is daar soms min wat nuut is onder die son -
Theaetetus: Now he who knows perceives what he knows, and, as far as I can see at present, knowledge is perception.
Socrates: Bravely said, boy; that is the way in which you should express your opinion. And now, let us examin together this conception of yours, and see whether it is a true birth or a mere, wind-egg. You say that knowledge is perception?
Theaetetus: Yes.
Socrates: Well, you have delivered yourself of a very important doctrine about knowledge; it is indeed the opinion of Protagoras, who has another way of expressing it, Man, he says, is the measure of all things, of the existence of things that are, and of the non-existence of things that are not. You have read him?
Theaetetus: O yes, again and again.
Socrates: Does he not say that things are to you such as they appear to you, and to me such as they appear to me, and that you and I are men?
Theaetetus: Yes, he says so.
Sokrates antwoord Theaetus op 'n oulike manier. As hy, en sy idol Protagoras sê dat die mens die maatstaf is van alles, en dat alles dus maar afhang van die mens wie na die saak kyk, dan sê hulle ook in wese dat daar nie groot waarhede is wat op almal van toepassing is nie. Daar is nie groot reëls wat vir almal ten alle tyd geld nie. Daar is slegs maar mense en hulle afleidings en ervaringe. Nou vra Sokrates - maar is die hele redenasie nie self 'n groot waarheid wat vir alle tye oral geld nie? Is die feit dat daar geen groot reëls bestaan nie, nie self maar 'n groot reël nie? Julle bring vir ons 'n groot waarheid wat sê dat die bestaan van groot waarhede onmoontlik is!?
How's that for reasoning!?
En dis iets waarmee Sokrates baie goed was, reasoning.
Volgende keer kyk ons verder na die filosowe, van Protoagoras tot Aristoteles.

Wednesday, August 12, 2009
Vrae oor God Deel IV
Dit werk makliker as mens goed afbaken en in ‘n soort van raamwerk sien. Met betrekking tot die antieke Grieke kyk ons na ‘n tydperk van ongeveer driehonderd jaar, vanaf 625vC tot 323 vC. In die tydperk het Griekeland gegroei van ‘n klomp onafhanklike stadstate wat telkens onderling baklei het tot die sentrum van die ou wêreld met die ryk van Aleksander die Grote. Na Aleksander sou grieks die lingua franca van die wêreld wees, hulle kultuur die inding wees en hulle beskouing van die lewe en die wêreld die wieg van die westerse beskawing vorm.
Die speelveld was klein. Indië, China en die verre Ooste was grootliks onbekend. Japan, Australië, sub-Sahara Afrika, Noord en Suid Amerika was plekke waarvan niemand niks geweet het nie. Die bekende plekke was die gebiede rondom die Middelandse See – Spanje, Italië, Griekeland, Turkeye, Palestina, Egipte en die res van Noord Afrika. Veroweringstogte het ver binneland toe gestrek maar ook perke geken. Dis binne die kleinerige gebied met sy verskeie supermoondhede waarin Griekeland ontwikkel het.
First things first
Die Grieke is bekend vir hulle gode. Dit was Zeus en Olympus en Herkules en sy take. Daar was Morpheus die god van drome, Mania die god van kranksinnigheid, Hypnos die godin van slaap, Hygeia die godin van higiëne, Nemesis die god van wraak, Pshyce die godin van die siel en so gaan dit aan…
‘n Goeie maklik leesbare artikel oor die gode is hier, andersins kan jy ook hier en hier kliek.
‘n Uittreksel van een van die sites:
The most widely accepted version today, although a philosophical account of the beginning of things, is reported by Hesiod (antieke Griekse geskiedskrywer wat soos Homerus oor die ontstaan van die Grieke en hul gode geskryf het), in his Theogony. He begins with Chaos, a yawning nothingness. Out of the void emerged Eurynome, Gaia (the Earth) and some other primary divine beings: Eros (Love), the Abyss (the Tartarus), and the Erebus. Without male assistance, Gaia gave birth to Uranus (the Sky) who then fertilized her. From that union were born first the Titans—six males: Coeus, Crius, Cronus, Hyperion, Iapetus, and Oceanus; and six females: Mnemosyne, Phoebe, Rhea, Theia, Themis, and Tethys. They were followed by the one-eyed Cyclopes and the Hecatonchires or Hundred-Handers. Cronus ("the wily, youngest and most terrible of [Gaia's] children") castrated his father and became the ruler of the gods with his sister-wife Rhea as his consort, and the other Titans became his court.
A motif of father-against-son conflict was repeated when Cronus was confronted by his son, Zeus. Because Cronus had betrayed his father, he feared that his offspring would do the same, and so each time Rhea gave birth, he snatched up the child and ate it. Rhea hated this and tricked him by hiding Zeus and wrapping a stone in a baby's blanket, which Cronus ate. When Zeus was grown, he fed his father a drugged drink which caused Cronus to vomit, throwing up Rhea's other children and the stone, which had been sitting in Cronus' stomach all along. Then Zeus challenged Cronus to war for the kingship of the gods. At last, with the help of the Cyclopes (whom Zeus freed from Tartarus), Zeus and his siblings were victorious, while Cronus and the Titans were hurled down to imprisonment in Tartarus.
Zeus was plagued by the same concern and, after a prophecy that the offspring of his first wife, Metis, would give birth to a god "greater than he"—Zeus swallowed her. She was already pregnant with Athene, however, and they made him miserable until Athene burst forth from his head—fully-grown and dressed for war.
Die dae van die gode was egter getel met die opkoms van die griekse filosowe - 'n groep denkers wat anders oor die lewe en die wêreld gedink het, en so die fondasie van die westerse wêreld gelê het. Dieselfde website sê: After the rise of philosophy, history, prose and rationalism in the late 5th century BC, the fate of myth became uncertain, and mythological genealogies gave place to a conception of history which tried to exclude the supernatural (such as the Thucydidean history). While poets and dramatists were reworking the myths, Greek historians and philosophers were beginning to criticize them. A few radical philosophers like Xenophanes of Colophon were already beginning to label the poets' tales as blasphemous lies in the 6th century BC; Xenophanes had complained that Homer and Hesiod attributed to the gods "all that is shameful and disgraceful among men; they steal, commit adultery, and deceive one another". This line of thought found its most sweeping expression in Plato's Republic and Laws. Plato created his own allegorical myths (such as the vision of Er in the Republic), attacked the traditional tales of the gods' tricks, thefts and adulteries as immoral, and objected to their central role in literature. Plato's criticism was the first serious challenge to the Homeric mythological tradition, referring to the myths as "old wives' chatter". For his part Aristotle criticized the Pre-socratic quasi-mythical philosophical approach and underscored that "Hesiod and the theological writers were concerned only with what seemed plausible to themselves, and had no respect for us ... But it is not worth taking seriously writers who show off in the mythical style; as for those who do proceed by proving their assertions, we must cross-examine them"
Volgende keer meer oor die filosowe...

Kiekies van AppelDruppel
Hulle lyk soos klein venstertjies, die kiekies van vervloë dae, die Polaroids. 'n Kykie terug deur hulle laat jou gedagtes vinnig in trurat oorskakel: soms beter dae, dalk nie. Ander herinner aan goeie voorkomste - letterlik! Maar die kiekies wat my fasineer is die van familie; almal saam gegroepeer soos 'n troppie plaasdiere, uiters ernstig gefokus op die kameralens. Ander getuig van (skoon) vakansies sonder heinings, hogere drade of sorge. Those were the days hoor ek iemand sê. Die kiekies word teruggegooi in 'n ou stowwerige boks en diep in 'n laai gestoot.
Wat bedoel ons regtig as ons praat van daardie dae? Is dit die wonderlike vry gemaksone van veiligheid waarna soveel verlang? Ek verlang ook. Die lae pryse, baie spasie vir myle aaneen of dalk die regering van die tyd? Wat sou die korrekte antwoord hierop wees of sal ons eerder bly staar soos na die kameralens vir die perfekte voorbehoud aan die wêreld daarbuite? Hoe lyk die venster van jou hart en wie sal daardeur wíl loer?
Wanneer ons kiekies opdelf is dit asof ‘n ander wêreld open vanuit ‘n agtergeblewe dossier, êrens geboks in jou geheue. Almal het ‘n storie maar so min word vertel. Ons elkeen kan deur kiekies die draad van ons lewensreis aanmekaar weef en tog versuim so baie om dit te doen. Waarom bêre ons hierdie vensters na ons menswees so ver weg? Miskien maak dit seer of miskien is die erkentenis van ‘n tydvak so anders as nou, net te mismoedig.
Ek wens ek kan van die kiekies in my lewe uitvee en helderder inkleur in pastel. Ek wens ek kan elkeen van my lewensherhinneringe. Ek wens ook vir die oop ruimtes, veiligheid en vryheid. Maar as ek dit sou kon doen soos wafferse Back to the Future tydskapsule-fliek, sal my hele storie verander. Ek sou nie kan verstaan van iemand se seer nie, ook nie van alleen wees nie, selfs honger en verstote nie. Ek sal geen begrip kan hê van God se genade en heling nie want dan sou alles net te reg gewees het. Vreemd hierdie gedagte…
Die realiteite om ons beïnvloed verseker ons huidige lewens-venstertjies. Dis net eenvoudig anders as op die Polaroid. Dit maak seer om daarna te kyk en te verlang. Die besef dat ek menslik gesproke al helfte van my lewe geleef het, het ‘n tydjie gelede my siels-venster toegeruk. Hopelik is dit nie meer as helfte nie. Realiteite… dit mag nie my storie verander nie. Ook nie joune nie.
Wat bêre jy daar diep binne in die laai of geel verslete album? Vertel jy jou storie? Het jy al die draad van jou reis gevolg en neergepen op die tafel van jou hart? Het jy gesien en besef dat êrens ‘n hoër en sterker ‘iets’ jou nog bymekaar hou? Die volgende raakvat terme dans konstant tussen my breinlobbe deur:
Vertel iemand hoekom | Tel iemand op | Deel jou storie | Leef iemand raak!

Tuesday, August 4, 2009
Vrae oor God Deel III
Ek het 'n boek met die naam Bybelantwoorde op al jou vrae van Elmer Towns. Die (dik) boek probeer, waar moontlik, 'n Bybelse antwoord gee op elke moontlike geloofsvraag en probleem. As ons vrae oor God bespreek, is dit een manier van doen - 'n sistematiese hantering en beantwoording van al die moontlike vrae daarbuite. Blogs is egter nie die plek waar jy sulke ambisieuse projekte aanpak nie.
Change of tack
Soms is dit net so bevredigend om te verstaan waarom jy 'n sekere vraag vra, as om 'n antwoord daarop te kry. Veral as my (ons) vrae nie definitiewe antwoorde het nie of as daar dalk te veel weersprekende antwoorde op my (ons) betrokke vraag is.
In Vrae oor God II het ons afgesluit met - Dalk is dit raadsaam om in ons hantering van die gesprek oorsigtelik na ons westerse samelewing se manier van dink te gaan kyk. Verstaan ons iets daarvan, verstaan ons dalk ook baie meer van die vrae waarmee ons rondloop.
Dit is wat ons hier gaan probeer....
'n Goeie plek om te begin, in jou studie van die westerse samelewing, is die antieke Grieke. Antieke Griekeland word die geboorteplek of die wieg van die westerse beskawing genoem. En, ek dink, as jy die antieke Grieke verstaan, het jy reeds begin om baie van die weste te verstaan.
Vooraf
Ek probeer telkens by belangrike terme ook hulle engelse ekwivalente te gee, waar nodig, sodat jy tussendeur verder kan lees by Wikipedia of wat ook al jou gif is. So stimuleer ons gesprek en verstaan. O' ja, nog 'n goeie online bron is The Stanford Encyclopedia of Philosophy. Voordat ons na die antieke Grieke gaan kyk verskaf ek eers 'n tydslyn van beide die antieke Grieke en die Israeliete. Beide is welliswaar verkort en fokus op dit wat ons gaan hanteer maar behoort mens 'n goeie idee te gee van wat waar inpas.
Die belangrikste wat ons voor die hantering van die tydslyne moet noem is die Griekse Polis - stadstaat. Die antieke Grieke het in stadstaatjies gebly. Elke stadstaatjie was soos 'n onafhanklike land met sy eie regeringsvorm. Die een was 'n demokrasie (Athene) terwyl die ander een 'n oligargie (Sparta) was. Elkeen het sy eie weermag, ekonomie, regstelsel, vereistes vir burgerskap, slawe en rangordes gehad. En dit was ernstige sake. Jou stad was jou alles, nie net jou blyplek nie. As mense praat van die wonderlike dinge wat die antieke Grieke gedoen het, praat hulle gewoonlik meestal van Athene, die belangrikste stadstaat in Griekeland.
Tydslyn vir die Grieke
Nie veel is bekend van die voorgeskiedenis van die Grieke nie. Argeologiese opgrawings begin egter plek-plek meer lig werp op die tyd.
7000 vC Argeologiese bewyse van klein kosproduserende ekonomieë, eenvoudige hutte en seevaarders vanaf op die vasteland van Griekeland.
1250 vC Trojaanse Oorlog (1250 or 1210). Die blockbuster Troy met Brad, Orlando en me Kruger (bless her tender soul) is gebasseer op die gedigte (die Iliad) van ‘n blinde digter met die naam van Homerus wat van die oer geskiedenis van die Grieke vertel. Die bekende oorlog met die Trojaanse perd speel volgens Homerus in die tyd af.
Antieke Tye
Die tydperk wat ons as die antieke Griekse beskawing ken, na die oertyd, begin min of meer rondom 850 - 750 vC.
750 vC Griekse alfabet word vasgestel. Homerus skryf sy gedigte van oorgelewerde glorie dae nou reeds verby.
625 vC Thales (625-545). Thales word as die eerste filosoof, ten minste waarvan ons weet, gereken. Hy het gesê alles is water.
569 vC Pythagoras (ca. 569-475) born in Samos. Enigiemand wat wiskunde (veral meetkunde) op skool gehad het, ken die geniale denker.
594 vC Die fondasie vir demokrasie word in die stad Athene gelê.
546 vC Demokrasie beleef ‘n terugslag in Athene toe diktator oorneem.
510 vC Demokrasie in Athene word herstel.
508 vC Athene kry ‘n demokratiese konstitusie.
490 vC Slag te Marathon. Atheners verslaan Darius en sy Persiese Ryk. Gaan lees oor die slag na. Baie interessant. Ons gebruik vandag nog die woord Marathon wanneer ons met Nike tekkies draf.
480 vC Slag te Thermopylae. Die Spartane gee die nuwe Persiese Koning Xerxes en sy magte ‘n les in vasberadenheid. Die fliek 300 met die male models wat die rolle van die Spartane vertolk, vertel van die slag.
479 vC Slag te Plataea. Grieke gee die Persiese ryk weer pakslae, they just don’t seem to give up?
460 vC Goue era van Athene en Grieke begin met Perikles in Athene.
450 vC Protagoras die Sofis besoek Athene.
449 vC Bou van Acropolis en Parthenon begin.
404 vC Athene word verslaan na ‘n uitmergelende oorlog met Sparta.
403 vC Athene herwin weer onafhanklikheid en begin met herstel.
399 vC Sokrates kry die doodstraf.
380 vC Plato, leerling van Sokrates, vestig sy skool te Athene.
359 vC Philip II, word die koning van Macedonië.
338 vC Macedonië verslaan Athene en sy bondgenote en neem so beheer van Griekland.
336 vC Phillip II vermoor. Aleksander (die Grote), sy seun, word koning.
335 vC Aristoteles, leerling van Plato, begin sy eie skool in Athene.
334 vC Aleksander verslaan die Persiese magte by die Granicus rivier in Anatolia.
333 vC Aleksander verslaan die Persiese magte by Issus.
323 vC Aleksander die Grote sterf.
200 vC Rome, die nuwe Supermoondheid, begin die Grieke stelselmatig oorheers.
Tydslyn vir die Israeliete
1500 BC A caravan trader, Abraham, leads Semitic nomads from Sumer to Canaan and then on to Egypt (Hebrews).
1400 BC Canaanites found Urusalim (Jerusalem).
1300 BC Iron age in Palestine.
1250 BC Indo-European tribes (Philistines) move to Palestine (named after them) from the Aegean sea.
1250 BC The Hebrews move from Egypt to Palestine (Moses).
1230 BC Hebrew leader Joshua conquers part of Palestine.
1025 BC The Hebrew king Saul defeats the Philistines and unifies Israel with capital in Jerusalem.
1000 BC David succeeds Saul.
961 BC David's son Solomon succeeds David.
930 BC Solomon builds a temple in Jerusalem for the Jews.
922 BC King Solomon dies and the Hebrew kingdom splits in two, Israel to the north (ten tribes) and Judea (Jerusalem) to the south (two tribes).
722 BC Sargon II of Assyria conquers Israel and forcefully relocates Jews (Jewish diaspora).
587 BC Nebuchadnezzar II conquers Judea (southern kingdom of the Hebrews), destroys Jerusalem and deports thousands of Jews (second Jewish diaspora) to Babylonia.
550 BC The Old Testament is composed.
538 BC Cyrus of Persia sacks Babylon and frees the Jews.
515 BC The Jews rebuild the temple of Jerusalem.
332 BC Palestine is invaded by Alexander the Great.
323 BC Alexander dies and his empire splits, with Palestine being controlled by the Ptolemaics (Alexandria).
260 BC The Old Testament is translated from Hebrew into Greek by scholars of Alexandria (the "Septuagint").
63 BC Roman leader Pompeus captures Jerusalem and occupies Palestine.
6 BC Jesus is born in Betlehem.
Uit die geskiedenis blyk dit dat die Egiptenare een van diee eerste Supermoondhede van die antieke wêreld was, daarna die Assiriërs met hulle hoofstad Nineve, daarna die Babiloniërs met Babilon, toe die Persiese Ryk wat Babilon oorgeneem en hulle eie hoofstad gemaak het. Die Assiriërs het die Tien Stamme Ryk weggevoer. Ons het tot vandag toe geen verdere inligting rakende wat met hulle gebeur het nie. Die Twee stamme Ryk is weggevoer deur die Babiloniërs net om weer deur die Persiese Ryk toegelaat te word om terug te keer. Dit is dieselfde Persiese Ryk met wie die Griekse stadstate in 'n verbete geveg betrokke was. Die Macedoniërs onder leiding van Aleksander die Grote het daarna die toneel oorheers. Die Macedoniërs was grieke (bietjie van buitestaanders) van die vasteland uit die noorde en 'n Koninkryk van hulle eie, anders as die Griekse stadstate van die suide. Na Aleksander het sy generaals die ryk tussen hulle opgedeel totdat die Romeine jare daarna weer die toneel oorheers het.
Vir 'n beter verwysing kan jy map of ancient Greece google by images, of op die kaart hieronder kliek.
Op die kaart -
Macedonië is in die noorde net bo Mt Olympus.
Athene is in die suide net bo Attica.
Sparta is meer suid net onder Arcadia.
Die Griekse stadstaadtjies is rondom Attica en Arcadia geleë.
Troje is oos, op die vasteland vandag bekend as Turkye, toe al die Grieke se vyand.
Gaan lees die geskiedenis op as jy tyd het, baie interessant!

Vrae oor God Deel II
Ons vrae en gesprekke oor God word nie gewoonlik deur die kritiek en insigte van die Moslem, Hindoe of Afrika wêrelde bepaal nie. Ons raak nie by debatte betrokke waar ons probeer vasstel of dit nou eintlik Allah of Yahwe is nie. Ons bespreek nie regtig die moontlikheid van die bestaan van 'n veelgodedom of die belangrikheid van die voorvadergeeste nie.
Die vrae wat ons het en die probleme wat ons bespreek, word meerendeels beinvloed deur die westerse wêreld waarin ons leef. Dit maak die bulk van die argumente rondom 'n braaivleis vuur op.
Vat byvoorbeeld die boek wat ek die ander dag by Exclusive Books vir 'n winskopie raakgeloop het. Die titel daarvan is Die omstrede God - bestaan God of nie? Dit beslaan rofweg 538 bladsye se forum posts wat netso vanaf litnet.co.za in boekformaat oorgeplaas is. Die issues wat daarin bespreek word handel nie oor Mohammed vs. Jesus of reinkarnasie vs. die hemel nie. Dit handel oor wetenskap vs. geloof, bewyse vir die bestaan van God, die kwessie van God se betrokkenheid hier op aarde... Vrae en issues wat veral relevant vir westerlinge is.
Christene het nie altyd ewe veel aptyt vir die gesprekke nie. Hulle verkies om te glo wat hulle glo en rustig aan te gaan met hulle lewens. Al die vrae, debatte en argumente verstoor net die vrede en lei in elk geval tot niks konstruktiefs nie.
Tog is dit moeilik om te ignoreer en miskien nie so wys nie.
In 'n onlangse berig in die Beeld word daar vertel van die besoek van 'n prof. Scott McKnight en sy bekommernis oor kerke wat leegloop. Volgens McKnight is die stroom jongmense wat Amerikaanse kerke verlaat nou so groot dat dit die voortbestaan van die kerk oor ’n geslag of wat in die gedrang kan bring. Hy het na die verhale van talle sulke mense gaan luister en bevind daar is vyf faktore wat baie mense se Christelike oortuigings in ’n krisis laat beland het:
So hoe nou? Dalk is dit raadsaam om in ons hantering van die gesprek oorsigtelik na ons westerse samelewing se manier van dink te gaan kyk. Verstaan ons iets daarvan, verstaan ons dalk ook baie meer van die vrae waarmee ons rondloop.
Die vrae wat ons het en die probleme wat ons bespreek, word meerendeels beinvloed deur die westerse wêreld waarin ons leef. Dit maak die bulk van die argumente rondom 'n braaivleis vuur op.
Vat byvoorbeeld die boek wat ek die ander dag by Exclusive Books vir 'n winskopie raakgeloop het. Die titel daarvan is Die omstrede God - bestaan God of nie? Dit beslaan rofweg 538 bladsye se forum posts wat netso vanaf litnet.co.za in boekformaat oorgeplaas is. Die issues wat daarin bespreek word handel nie oor Mohammed vs. Jesus of reinkarnasie vs. die hemel nie. Dit handel oor wetenskap vs. geloof, bewyse vir die bestaan van God, die kwessie van God se betrokkenheid hier op aarde... Vrae en issues wat veral relevant vir westerlinge is.
Christene het nie altyd ewe veel aptyt vir die gesprekke nie. Hulle verkies om te glo wat hulle glo en rustig aan te gaan met hulle lewens. Al die vrae, debatte en argumente verstoor net die vrede en lei in elk geval tot niks konstruktiefs nie.
Tog is dit moeilik om te ignoreer en miskien nie so wys nie.
In 'n onlangse berig in die Beeld word daar vertel van die besoek van 'n prof. Scott McKnight en sy bekommernis oor kerke wat leegloop. Volgens McKnight is die stroom jongmense wat Amerikaanse kerke verlaat nou so groot dat dit die voortbestaan van die kerk oor ’n geslag of wat in die gedrang kan bring. Hy het na die verhale van talle sulke mense gaan luister en bevind daar is vyf faktore wat baie mense se Christelike oortuigings in ’n krisis laat beland het:
- Die rigiede leer dat die Bybel onfeilbaar is. Volgens hom berus dit op ’n foutiewe leer by kerke dat die Bybel as’t ware deur God aan die Bybelskrywers gedikteer is. Mense wat die Bybel dan self bestudeer, kom dan later met ’n skok agter dat daar baie van die menslikheid van die Bybelskrywers in hul geskrifte te sien is.
- Die botsing tussen die wetenskap en geloof, spesifiek waar kerke leer Genesis vertel presies hoe die wêreld ontstaan het.
- Die manier waarop Christene en die kerk leef. Hy het verwys na die skandale van seksuele misbruik in die Rooms-Katolieke Kerk in die VSA en hoe dit sommige mense laat voel het dat hulle nie met integriteit deel van die kerk kon bly nie.
- Die beskouing van die hel. Baie mense kan nie aanvaar dat dit billik is dat God iemand vir ewig straf vir sondes in ’n tydelike lewe van miskien 75 jaar nie. Hulle vra of die straf nie by die oortreding moet pas nie.
- Die “God van die Bybel” wat dikwels voorgehou word, skrik baie mense ook af. Daar word onder meer geredeneer dat as God almagtig is, hy nie goed kan wees nie, anders sou die wêreld nie so vol kwaad gewees het nie. En as hy goed is, kan hy nie almagtig wees nie, want anders sou hy die boosheid gekeer het.
Die probleme wat mense, volgens McKnight, met God en kerk het, is tipiese westerse probleme. Die hele kwessie rondom die onfeilbaarheid van die Bybel, die botsing tussen wetenskap en geloof, straf en die hel en die vraag of God werklik 'n God van liefde genoem kan word, is westerse issues gedryf deur 'n westerse lewens en wêreld beskouing. En dit het, soos McKnight bewys, 'n impak op Christene se ervaring van hulle geloof.
The Flat Earth Society is 'n gespreksgroep waar ons mekaar die ruimte gee om te gesels, selfs oor 'n geloof wat nie meer sin maak nie. Flat Blog wil onder andere die tipe van gesprekke aanhelp deur inligting te gee wat ons in staat stel om konstruktief te gesels.So hoe nou? Dalk is dit raadsaam om in ons hantering van die gesprek oorsigtelik na ons westerse samelewing se manier van dink te gaan kyk. Verstaan ons iets daarvan, verstaan ons dalk ook baie meer van die vrae waarmee ons rondloop.
Subscribe to:
Posts (Atom)