Saturday, August 22, 2009
Huh?
Die rekenaarskerm skel vir jou pupille, die fone (sel en landlyn) trieng beurtelings, jou dagboek voer lyn-vir-lyn oorlog met tyd en jou brein voel soos ‘n neef van genie in a bottle. Dit voel selfs of jou huismense, kollegas, die hele lot op hoverboards verby sweef en jy hang net: binne in ‘n abstrakte vakuum. Het jy al so gevoel?
Die antwoord op hierdie vraag sal waarskynlik eenparig ‘ja’ wees, met ‘n noodkreet beklemming op die dikrooi uitroepteken vanuit jou maag. Hoe gemaak as als om jou net… te veel raak? Soms oorval gedagtes jou angstig ter middernagtelike ure. Dis wanneer jou onafgeskakelde psige jou herhinner aan die doen-lysie op die lessenaar, waarby jy op daardie oomblik nog 4 punte kan byvoeg. En so voer ons ‘n ewige stryd met tyd; ek en jy geklee in grys spanning met arme ou gewete wat naarstiglik aan jou broekspype torring vir sy/haar spreekbeurt. Of is dit dalk Hy?
Hý…? Hey, ek kan nie help as dinge soms dol raak nie… Ja jy kan. Maar jy verstaan nie… Mmm. “Ja ek doen” antwoord gewete: of is dit weer Hý? Ons elkeen bepaal self die intensiteit van wat ons toelaat in ons lewens. Ons bepaal die keuses beskikbaar om die oorlog tussen 2009 se lyne te bemiddel. O ja, ons elkeen kan nee sê. Wie is jou bemiddelaar? Grys spanning en gewete speel nie hierdie spel om te verloor nie, dis keuse wat die skeidsregter rol vertolk.
Keuses. Moeilik om te maak by tye. Verantwoordelikhede. Lojaliteit. Rekeninge. Werk. Gesin. Self. Dan nog soveel meer wat gryp na tyd wat ons nie het nie. Rewind. Stop!
In die fliek The Last Samurai was ‘n moment in tyd wat aangrypend vertolk is. Tydens ‘n uitmergelende oefensessie word die student (Tom Cruise) onderbreek wyl hy hard probeer om homself as Samurai leerder te bewys. Sy leermeester kyk peinsend na hom dié woorde: “You have too many mind – no progress”. Is dit dan nie wat soveel kalmte en Hom uithou nie? Wanneer leer mens eindelik dat slegs Hy ons voete kan rig – sonder ons hulp? Na waters waar rus is… anders no progress.
Soms moet ons net eenvoudig halt roep as jou Pokerface letterlik die oorhand kry: emosieloos, benoud en pretensieus. Moenie bedompig in ‘n bottel van ‘goeters ‘geprop word nie, klim uit! Tyd is geskep met woorde, Sy woorde. Dit bevat lewe en rus. As Vader kon rus so kan jy.
Huh? Doen dit net. Begin by Sý tyd en jy sal verstom staan hoe die res van jóú tyd in plek val!
1Pet 5:7 Casting all your care upon him; for he careth for you. Phil 4:6 – Do not fret or have any anxiety about anything… 10) And God’s peace shall be yours (a tranquil state of soul…)… (Amplified)
Groete van,
‘Halfuurtjie op Pause’,
AppelDruppel
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment