
Kom ons begin eers by 'n kort opsomming van die agtergrond.
Van die oer geskiedenis van die Grieke, in die dae van die Trojaanse oorlog, weet ons nie baie nie. Ons weet wel dat die Grieke gaandeweg in stadstate begin vergader het. Elke stadstaat was soos 'n koninkrykie op sy eie met die omringende grondgebied onder sy beheer terwyl daar handel gedryf en gereeld oorlog gemaak is met naburige stadstate. Tussen al die stadstate deur ken ons vandag veral twee - Athene en Sparta. Die twee was in sekere opsigte teenoorgesteldes van mekaar. Athene die demokrasie met die kragtige vloot en Sparta die oligargie met sy onoorwonne weermag. In die geskiedenis van die begin van die klein stadstate tot die oorheersing van Aleksander die Grote, lees ons van 'n paar hoogtepunte.

Die tweede - nadat die Persiese bedreiging afgeweer is, beleef Athene 'n goue tydperk onder leiding van 'n man met die naam van Perikles. Die uitkringende mag van Athene loop uit op 'n reeks oorloë met Sparta wat hulle (die Atheners) uiteindelik verloor. Dit word die Peloponnesiese oorloë genoem.
Die derde - nadat Sparta bo uitgekom het, word ook hulle in 'n reeks oorloë met ander stadstate verslaan. Op die ou einde is die Griekse stadstate so uitgemergel dat hulle grootboetie uit die noorde, die Macedoniërs onder leiding van Koning Philip, Aleksander die Grote se pa, hulle ooorneem. Hierna breek die tydperk van Aleksander die Grote aan. Hy verslaan die Persiese Ryk finaal en dan lees ons later van die Romeine wat op die ou einde die supermoondheid van alle supermoondhede geword het.

Die verhouding tussen die filosowe en die gode was egter gespanne. Om die waarheid te sê, die filosowe het nie veel ooghare vir die gode gehad nie. Meeste het die verhale wat Homerus van die ou gode neergeskryf het as ouvroustories afgemaak. Dit was baie soos vandag se samelewing. Jy het godsdienstige mense gekry wat die gode aangehang het en dan die filosowe (denkers/wetenskaplikes van die dag) wat die gelowiges en hulle godsdienstige gebruike gekritiseer het.
Die filosowe het egter nie net die aanhangers van die Griekse gode gekritiseer nie, hulle het mekaar ook beetgekry - en ja ook op wyses wat baie aan vandag herinner. Plato het byvoorbeeld die denkbeeldige gesprek tussen Sokrates en 'n jong man met die naam Theaetetus neergeskryf om te wys hoe Sokrates die denke van 'n ander filosoof Protagoras weerlê het. Sulke gesprekke vind steeds vandag plaas. As ons egter vandag sulke gesprekke het, gebruik ons daarmee saam woorde soos nuut en ontwikkelde 21ste eeuse mense en nuwe inligting en tegnologie wat ons tot die nuwe soort insigte gebring het - soos ons egter aan die gesprek kan sien is daar soms min wat nuut is onder die son -

Socrates: Bravely said, boy; that is the way in which you should express your opinion. And now, let us examin together this conception of yours, and see whether it is a true birth or a mere, wind-egg. You say that knowledge is perception?
Theaetetus: Yes.
Socrates: Well, you have delivered yourself of a very important doctrine about knowledge; it is indeed the opinion of Protagoras, who has another way of expressing it, Man, he says, is the measure of all things, of the existence of things that are, and of the non-existence of things that are not. You have read him?
Theaetetus: O yes, again and again.
Socrates: Does he not say that things are to you such as they appear to you, and to me such as they appear to me, and that you and I are men?
Theaetetus: Yes, he says so.

How's that for reasoning!?
En dis iets waarmee Sokrates baie goed was, reasoning.
Volgende keer kyk ons verder na die filosowe, van Protoagoras tot Aristoteles.
No comments:
Post a Comment