
Dieselfde dag sms iemand: "My vrede gee ek jou, nie wat die wêreld jou kan gee nie. Wees nie besorgd nie...". 'n Woordepakkie toegedraai in Jesus se woorde. So kosbaar! Hoe het die persoon geweet?

Dis omdat God weet. Steeds ontvang ek amper daagliks soortgelyke woordpakkies, van verskeie mense - Sy mense! Die kosbare voete en hande wat delf en saai in my lewe. Dit is hoe Sy oog op ons bly. Hy is geen man dat Hy kan lieg nie. Hy is God, die enigste God.
Koester die verrassings in jou lewe, goed of sleg. In elkeen lê 'n besliste seën omdat God daarvan weet!
Toegedraaide groete,
AppelDruppel
No comments:
Post a Comment