
As jou oog eers die beeld raakgesien het, vertolk dit die wanorde vir wat dit werklik is. As jou oog die beeld nie kan sien nie, bly die warboel oorheersend. God wil he ons moet met nuwe oe na die wereld kyk, en ek verstaan ietsie van hierdie waarheid. As jy bly rond dobber in 'n warboel van vra en onsekerheid, as die lewe en die post moderne samelewing jou bly insluk sal die prentjie maar vaagweg verdwyn in al die patrone.


Jesus se aardse bediening het ten doel gehad om ons die boodskap te laat sien sodat ons die prentjie kan verstaan. As ons na die kriptogram van die lewe kyk, sien ons of Sy Naam onmiskenbaar skitter of ons sien die deurmekaarspul van ander gelowe sonder 'n enkele ware boodskap, 'n klomp verdraaide gelowe, elkeen in sy eie kultuur en tyd geregverdig. 'n warboel van verdraagsaamheid, waar min mense met opregtheid kan se hulle staan vas in hul geloof. Waar almal maar vir alles staan, of net maar rond dobber. Jesus het gekom en ons kom prikkel sodat ons vanuit 'n verhewe posisie 'n nuwe perpektief kan kry.Maar hoe kom mens by daardie verhewe posisie?

God se waarheid staan al 'n ewigheid, deur eeue heen en geslagte heen, deur verskillende werelds beskouings en oorloe, deur jare en jare se donker tye, deur wetenskap en en tegnologie, is dit die enigste waarhede wat onverander bly staan. Maak die ander wereldse vrae regtig saak?
Eers by hierdie besef, kan jy uitklim uit die warboel van vrae, die deurmekaarspul van die postmoderne era. Dan besef jy wat dit is om te glo, soos 'n kind, dan skitter die beeld met versekerheid en vrede.Vrede le by God en God alleen.
(Lees gerus Jesus teenoor ander gode deur Ravi Zacharias)
Eish Nadia jy maak my trots! Toe vrou skryf meer ek love dit!
ReplyDeleteLiefde en groete
Letta
Very very nice indeed! Thanks Naads!
ReplyDelete