Die vraag is nou.... Sal ek my eerste post hier in engels doen (want daar is nie `n afrikaanse spel checker nie) of strompel ek maar voort in my onspelbare moedertaal? Gelukkig gaan mens nie hel to as jy disleksie het nie.
My probleem met hulp is dat dit soms soos die een of ander "white guilt" ding voel. Help ek omdat ek regtig wil, of help ek omdat ek dink ek moet??? en is daar op die einde van die dag `n verskil? Sit moeder Teresa in die hemel vir haar moeite, of leef die pous in weelde te danke aan al die "charity" wat sy vir die vir die Vatikaan ingesamel het? Ek dink Christus het iewers iets in die lyn gese van; "julle sal altyd die wat swaar kry om julle he". Die vraag vir my is: wil `n God wat Tsunamies en "genocide" toelaat regtig he dat ek brood of komberse langs die pad moet uit deel? As ek help, doen ek dit om God se wil te laat geskied, of om my self te laat beter voel?....soms weet ek nie!!! die res van die tyd raai ek!
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
Ek het een keer gehoor mens moet niks doen as dit nie uit liefde uit is nie. Dit is nogals moeilik alhoewel sommiges sal dink dit is maklik. Die oggend ry ek en sien 'n man wat ek ken in die straat loop. Ek weet hy werk net in die straat af so miskien moet ek hom gou 'n lift gee. Soos dit was, was dit 'n hectic dag en ek mos oor 15min terug by die huis wees.
ReplyDeleteJa vandag gaan ek hierdie man optel 'n lift gee en dit uit liefde doen. Bietjie goed voel oor myself.
Hy klim in, ons groet en so ry ek oppad na sy werk. Hy stop my en se nee die werk het geskuif so 5km vanwaar ons was. Deur peak traffic nogals. Eish ek was beproef ek vloek hier flikkerligte binne my, en dan stop en my gedagtes en sê as jy iets nie uit liefde doen nie moet dit nie doen nie.
Nou ja dan moet ek nou die kar stop en vir hom sê KLIM UIT!. So het ek die volle 5km probeer kalm bly en die man 'n lift in liefde gegee. Ek was so 10 minute laat vir my afspraak maar na die rush het ek nogals goed gevoel.
Ek dink soms verwar ons onsself met pligte en regtig iets doen omdat jy dit uit liefde uit wil doen. Daardie vraag is slegs vir jou om te antwoord net jy ken jou boundaries.
Cheers for eers.
me