Tuesday, October 27, 2009

Kriptogram

Het jy al ooit voor 'n stuk papier gestaan waarop daar oenskynlik net 'n klomp deurmekaar kolletjies en ander vorme is? Jy staar lank en intens daarna, draai jou kop eers diekant toe en dan anderkant toe, en skielik spring 'n beeld uit die deurmekaarspul na vore. Dit staan bekend as 'n kriptogram. Iets interresants gebeur wanneer deurmekaar kolletjies en ander patrone vir jou sin maak: jy kan jou kop draai soos jy wil, en die papier van enige kant afbekyk in 'n poging om weer die deurmekaarspul soos aan die begin te sien, maar jy kry dit nie reg nie. Die laasgenoemde kom net ter sprake omdat jy wonder hoe jy in die eerste plek die beeld kon miskyk.

As jou oog eers die beeld raakgesien het, vertolk dit die wanorde vir wat dit werklik is. As jou oog die beeld nie kan sien nie, bly die warboel oorheersend. God wil he ons moet met nuwe oe na die wereld kyk, en ek verstaan ietsie van hierdie waarheid. As jy bly rond dobber in 'n warboel van vra en onsekerheid, as die lewe en die post moderne samelewing jou bly insluk sal die prentjie maar vaagweg verdwyn in al die patrone.
Jesus se aardse bediening het ten doel gehad om ons die boodskap te laat sien sodat ons die prentjie kan verstaan. As ons na die kriptogram van die lewe kyk, sien ons of Sy Naam onmiskenbaar skitter of ons sien die deurmekaarspul van ander gelowe sonder 'n enkele ware boodskap, 'n klomp verdraaide gelowe, elkeen in sy eie kultuur en tyd geregverdig. 'n warboel van verdraagsaamheid, waar min mense met opregtheid kan se hulle staan vas in hul geloof. Waar almal maar vir alles staan, of net maar rond dobber. Jesus het gekom en ons kom prikkel sodat ons vanuit 'n verhewe posisie 'n nuwe perpektief kan kry.Maar hoe kom mens by daardie verhewe posisie?

Dit vat baie kyk na die prentjie, jou kop moet draai en weer ander kant toe kyk, dit vat lank se ondersoek, maar uiteindelik fokus jou oe en die beeld staan uit - dit skitter bo alles. Dan besef jy hoe kan jy dit mis gekyk het? Deur al jou ondersoek en vrae - hoe kon jy dit mis?

God se waarheid staan al 'n ewigheid, deur eeue heen en geslagte heen, deur verskillende werelds beskouings en oorloe, deur jare en jare se donker tye, deur wetenskap en en tegnologie, is dit die enigste waarhede wat onverander bly staan. Maak die ander wereldse vrae regtig saak?
Eers by hierdie besef, kan jy uitklim uit die warboel van vrae, die deurmekaarspul van die postmoderne era. Dan besef jy wat dit is om te glo, soos 'n kind, dan skitter die beeld met versekerheid en vrede.

Vrede le by God en God alleen.

(Lees gerus Jesus teenoor ander gode deur Ravi Zacharias)

Wednesday, October 7, 2009

ha.. so mens moet in sign om te post

Die vraag is nou.... Sal ek my eerste post hier in engels doen (want daar is nie `n afrikaanse spel checker nie) of strompel ek maar voort in my onspelbare moedertaal? Gelukkig gaan mens nie hel to as jy disleksie het nie.
My probleem met hulp is dat dit soms soos die een of ander "white guilt" ding voel. Help ek omdat ek regtig wil, of help ek omdat ek dink ek moet??? en is daar op die einde van die dag `n verskil? Sit moeder Teresa in die hemel vir haar moeite, of leef die pous in weelde te danke aan al die "charity" wat sy vir die vir die Vatikaan ingesamel het? Ek dink Christus het iewers iets in die lyn gese van; "julle sal altyd die wat swaar kry om julle he". Die vraag vir my is: wil `n God wat Tsunamies en "genocide" toelaat regtig he dat ek brood of komberse langs die pad moet uit deel? As ek help, doen ek dit om God se wil te laat geskied, of om my self te laat beter voel?....soms weet ek nie!!! die res van die tyd raai ek!

Monday, October 5, 2009

Aan elkeen wat het, sal meer gegee word


Ek en ‘n vriend gesels gister oor hoe moeilik dit soms is om te bepaal wanneer jy iemand moet help. Dit klink eenvoudig – die konsep om iemand wat jy sien in nood is, te help. Maar dit is nie altyd so eenvoudig nie, want ‘n mens weet nie altyd of jy regtig help, en of jy eintlik van die wal af in die sloot in help nie!

Dit laat my terugdink aan mense wat ek al probeer help het in my lewe. Wat ek agterkom, as ek mooi dink oor elkeen, is dat dié wat reeds besig was om hulself te help op daardie punt toe ek gestuur gevoel het om my hulp aan te bied, die ouens was wat die meeste baat gevind het uit my helpende hand. Hulle was die ouens wat eintlik in elk geval self uit hul verknorsing sou kon opstaan, al het niemand kom help nie. Hulle was besig om ‘n pad te stap met God. Dalk het die pad ‘n paar lesse ingesluit, lesse wat geleer moes word, soos wat Hy in sy wysheid op ons almal se pad plaas. Die hulp van my kant af was maar ‘n bietjie ekstra wind in hul seile. Dalk meer vir myself as vir hulle. Daarteenoor, was die ouens wat nie reeds besig was om hulself te help nie, die ouens wat ook nie uit hul verknorsing gekom het nadat hulp aangebied is nie. Dis die ouens wat geglo het dat hulp hulle toekom, en dat dit mense om hulle se plig was om hulle uit die sloot uit te help. ‘n Sloot waarin hulle (meestal) hulself gekry het, en waaruit hulle nie regtig wóú klim nie, al het iemand ‘n hand uitgereik.

Wat ek ook duidelik ervaar het en wat belangrik is om te noem, was die ekstra wind in my eie seile elke keer wat ek met ‘n blye hart uitgereik het en gehelp het. Dit is altyd ‘n voorreg om te kán gee. Daardeur erken ek hoe geseënd ekself is, en deel ek my seëninge met iemand in nood, of met iemand wat minder het as ek. Dit is heerlik verkwikkend en massiewelik verrykend, want die vreugde wat die gewer ontvang uit die daad van gee, is groter as die vreugde van die ontvanger. Altyd. Dit voel amper ‘n bietjie skelm, soos ‘n geheim wat jy net kan ontdek as jy leer om jou hand oop te maak.

Han 20:35: Onthou die woorde van die Here Jesus. Hy het self gesê: “Om te gee, maak 'n mens gelukkiger as om te ontvang."

Ek vermoed dit is ‘n kwessie van dankbaarheid. Dis om te lewe in oorvloed. ‘n ‘Mindset’ of oortuiging dat God waarlik weet wat ek nodig het en beslis sal voorsien in al my behoeftes. En Hy sál. Hy weet beter, en soms verskil sy tydsberekening drasties van my eie. Maar dit is, sonder uitsondering, altyd perfek. God weet áltyd beter. Hy sien wat ek nog nie kan sien nie.

‘n Pel van my het ‘n jaar of twee terug sy vriend probeer help om (weer) op sy voete te kom. Nadat hy ‘n pad met die ou gestap het oor ‘n tydperk van ‘n jaar (en duisende rande later), het die ou aan beweeg na die volgende Samaritaan wat bereid was om energie en geld op hom te verkwis. Hy was eenvoudig nie van plan om homself te help nie, en daarom sou geen helpende hand hom weer op sy voete kry nie. Die lewe was besig om vir hom ‘n les of twee te leer; om hom sterker te maak. God was besig om met hom te werk, en my vriend se poging het eintlik net die lesse vir ‘n ruk lank uitgestel. En hom duur gekos!

Aan elkeen wat het, sal meer gegee word, en hy sal oorvloed hê; maar van hom wat nie het nie, sal ook die bietjie wat hy het, weggevat word. (Mat 25:29)

Sjoe, dit klink bietjie onregverdig, dan nie? Pretty harsh, of hoe? Weet jy, nee. Eintlik glad nie. Hier’s hoe ek dit sien:

Wanneer jy elke dag in dankbaarheid lewe, fokus jy op God se seëninge. Jy bekyk met oë van dankbaarheid jou lewe en raak bewus van dit wat mooi is en diegene wat vir jou dierbaar is – wat maak dat jou lewe vol liefde is. Die dinge wat vreugde bring in jou lewe – wat maak dat jy glimlag en geliefd voel. Dit word jou oortuiging, ‘n ‘mindset’ van oorvloed – dat daar genoeg is vir almal. Dit wat werklik saak maak, is dinge van ewigheidswaarde. Dit is tipies die dinge wat geld nie kan koop nie, wat handel oor liefde en herstelde verhoudinge. ‘n Slim guru-vriend het my dit onlangs geleer. Bless his soul. Dit het my lewensuitkyk totaal verander. Uit hierdie gedagtes vloei dankbaarheid en nóg meer liefde. Dit maak my sommer baie dankbaar vir die materiële oorvloed wat ek het. En jý het ook oorvloed. Jy het meer as wat jy nodig het wanneer die verhoudinge in jou lewe op liefde gebasseer is. En hoe meer jy daaroor dink, hoe meer tyd jy in jou gedagtegang spandeer aan dankbaarheid vir dit wat jy het, en die liefde wat jou verhoudinge voortbring – hoe meer besef jy dat jy werklik gesëend is. Jy het SO baie om voor dankbaar te wees! Geestelik EN fisies. En wanneer verhoudinge (met God en mense) heel en gesond is, kom die materiële dinge outomaties reg.

Of jy kan jou tyd spandeer daaraan om te fokus op dit wat jy reken jy kort kom. Dit wat jy voel jy behoort te hê en nie het nie – wat God nie wil voorsien nie. Die dinge wat sou maak dat jou lewe beter sou gewees het, maar wat afwesig is en dus veroorsaak dat jou lewe tekort skiet. En hoe meer jy daaraan dink, hoe meer fokus jy op tekortkoming, en hoe meer voel jy tenagekom. Jy voel later onvergenoegd en onvervuld, in stryd met jou omstandighede en met God se plan vir jou. As jy lank genoeg tyd spandeer aan hierdie gedagtes, word dit werklik vir jou so. Jy hét te min. Jy kóm kort. Die lewe skuld jou, big time.

“As I believe, so it shall be for me.”


Ek hou van diere. Hulle is die opregste wesens wat jy kry, want hulle is nie intelligent genoeg om God te bevraagteken nie. Hulle het nie ‘hidden agendas’ nie en sal jou nie in die rug steek nie. Hulle wil ook nooit geld by jou leen nie! Kinders is ook so. Hulle sê ‘n ding soos dit is, en het nog nie almal om hulle (hulself inkluis) in boksies gepak en ge’lable’ nie. Hulle is onskuldig en onbesoedeld van te veel redeneer, maar ook baie magteloos, soos oumense. Ek hou van hulle ook – oumense. My oums was my ‘all time favourite’. Ou mense het nie meer nodig om te probeer beïndruk nie, en hulle het gewoonlik geleer wat regtig belangrik is in die lewe – dat alles eintlik maar aan die einde gaan oor liefde. Hoe lief het jy gehad? Het jy so lief gehad dat dit jou soms seer gemaak het? En kon jy ten spyte van die seer, nogsteeds aanhou liefhê?

Ek hou van diere, kinders, oumense en bome. Ek gee maklik van my tyd en geld vir hulle. Hulle is nie op die wal of in die sloot nie (bome dalk soms). Hulle ís net, in afhanklikheid. Ek dink dat Jesus ook van hulle gehou het toe Hy op aarde was. Daarom is dit vir my lekker om vir hulle hier te wees – ‘n hand te gee waar ek kan, want dis wat Hy nogsteeds doen!