Erens was ek herhinner dat God nie skree nie, dat hy omvou en graag met my wil gesels. Dit was in daardie oomblik wat Hebreers 4 onafgespreek in my ore kom rondhang het: "God's promise of entering His rest still stands..." Dit het my eerste kom versadig. Ek het nog honger gevoel - na rus asook verstaan. Verder vind ek "... He understands our weaknesses... come boldly to the throne of our gracious God. There we will receive mercy..." Wow!
Hoe kan mens 'n skrif ken en tog so min weet wat dit vir jou sê? Na verdere betragting met kruisverwysings maak ek die amazing ontdekking: die rus in God beteken ook om sy beloftes te verkry, daarin te beweeg! My siels-maag was voller. Alles so in die stilte saamgeprut.
Elders ken ek ook die skrif wat herhinner "in stil wees en rus lê jou heil" en ook 'n Psalm wat gerusstel "wees stil en weet dat ek God is". Onbeskryflik. Hierdie is mos versekering van 'n Hand wat ferm hou, ophou en in beheer is.
Versadig het ek dit als aanvaar. Ons Here is wat Hy is - alles! Maar meestal vind jy Hom in die stilte. Waag dit en sjoes...
Groete,
Stille AppelDruppel
Dankie Appeltjie. Jou boodskappe is altyd 'n blessing!
ReplyDelete