Wednesday, September 30, 2009

Stilte = rus

Daar is 'n sêding: absolute stilte gee soms vir jou antwoorde. Die afgelope week het ek dit as waarheid beleef na 'n kort (nodige) breek. Ons almal het dit nodig, 'n breek ja, maar dis dáárdie stilte wat so wrintiewaar luid teen jou hartsdeur kom klop. Gehamer in my geval!
Erens was ek herhinner dat God nie skree nie, dat hy omvou en graag met my wil gesels. Dit was in daardie oomblik wat Hebreers 4 onafgespreek in my ore kom rondhang het: "God's promise of entering His rest still stands..." Dit het my eerste kom versadig. Ek het nog honger gevoel - na rus asook verstaan. Verder vind ek "... He understands our weaknesses... come boldly to the throne of our gracious God. There we will receive mercy..." Wow!
Hoe kan mens 'n skrif ken en tog so min weet wat dit vir jou sê? Na verdere betragting met kruisverwysings maak ek die amazing ontdekking: die rus in God beteken ook om sy beloftes te verkry, daarin te beweeg! My siels-maag was voller. Alles so in die stilte saamgeprut.
Elders ken ek ook die skrif wat herhinner "in stil wees en rus lê jou heil" en ook 'n Psalm wat gerusstel "wees stil en weet dat ek God is". Onbeskryflik. Hierdie is mos versekering van 'n Hand wat ferm hou, ophou en in beheer is.

Versadig het ek dit als aanvaar. Ons Here is wat Hy is - alles! Maar meestal vind jy Hom in die stilte. Waag dit en sjoes...

Groete,
Stille AppelDruppel

Thursday, September 3, 2009

Ontkaf & Ontvou

Anderdag moes ek Kaap toe. Ek kyk by die vliegtuigvenster uit en besef toe weer hoe klein ek is. Piepklein. Ek dink hoe dat ‘n hoërhand als geskep het en vir ons as mense gegee het om te bewerk en te heers. Ons is veronderstel om te skep, te kultiveer, te geniet en te groei. Instede daarvan, jaag almal na (n)êrens.

Ek sien hoe mense voor die vlug frons-gesprekke oor selfone voer en voorleggings op laptops beloer. Ek wonder oor die nut van dit als alhoewel ek besef elkeen is uniek met verskillende passies, verpligtinge en drome. Ek wonder hoe gereeld is keuse ter sprake. Nog ‘n deal in die sak, nog 'n reuse ‘iets’ ter bevordering van een of ander bedoelde bydraende faktor in ons korrupte samelewing. Selfverryking is tog aan die orde van die dag. Gee mense enigsins om vir enigiemand wat nié tot hul voordeel gebruik kan word nie?

Ek dink toe sommer dat diegene in die verre sendingvelde, wat hulself en die wereld verpand het, diegene is wat werklike deals betrag of eerder beleef. Diesulkes betaal seker hul prys iewers. En tog is hul waar hul wil wees. Ons geloof word onophoudelik bevraagteken en belaster. Oral waar mens beweeg word God se naam as algemene werkwoord en/of byvoeglike naamwoord gebruik. Hy moet oral inpas en dit sonder posbeskrywing. Sommer net ‘n sêding.

En tog wonder ons hoekom realiteite om ons soos verwarde tolbosse draai. Erens word die werkwoord buite konteks aangehaal, onwettig alweer. Die Naam wat groot krag dra, is die Naam wat minderwaardig agter die verkleinwoord se masker ingedruk word. So probeer die vyand alle waarheid vertrap en die mensdom kyk verby die verkleinering.

Waarom laat Hy dit dan toe? Daar is ‘n goeie skrif oor koring en kaf iewers. Skeiding wat gemaak moet word. The power of His name remains to those who use it in true faith and obedience. That power no man can withstand, lees ek in ‘n e-pos. Krag. Syne. Potent stuff. Dit ontgif en ontkaf.

Ek vind myself saggies prewel: Vader ontdop die koring sodat die kaf-sluier kan wegdryf op die wind. Mag dieselfde wind aspris wydsbeen gaan staan oor al die fronse rondom my. Ontberings, onkunde, ongewild, ongeleerd, onuitgesorteer. Dis dinge wat mense gevange hou en laat frons.

Ontstres. Ontvou. Onthou – Hy is.

AppelDruppel